MEMORIES


I remember : her hands-: the crochet needle in one, the half finished piece in the other. Busy, but her mind and eyes and attention on you .



Tuesday, 30 April 2013

soetgoed en gesondgoed

Vinnige Sjokoladesous
125ml room
100g donker sjokolade
Maak so: Verhit room tot net voor kookpunt. Kap sjokolade met skerp mes fyn. Gooi warm room oor gekapte sjokolade en roer tot gladde mengsel.

24 Muesli Stafies:
140ml heuning
150g/190ml bruinsuiker
30ml botter
Meng saam in pot en bring tot kookpunt. Laat stadig prut vir +-10 minute.Roer elke minuut om aanbrand te voorkom. Plaas bakpapier in 23x32cm pan en smeer/spuit met kleefwerende kossproei.
Gooi saam:
50g sesamsaad
100g sonneblomsaad
100g grofgekapte okkerneute
100g rosyne/gedroogde bosbessies
300g/245ml hawermout
.Verwyder heuningstroop van hitte en voeg sade,neute,rosyne en hawermout by. Meng vinnig en deeglik. Mengsel lyk dalk droog, maar dis reg. Druk warm mengsel stewig in pan vas, plaas vel bakpapier en nog ‘n bakplaat bo-op en ekstra gewig(soos blikkieskos) op boonste plaat om mengsel stewig vas te druk.Laat afkoel. Keer uit ,sny in stafies en bêre in lugdigte houer.