MEMORIES


I remember : her hands-: the crochet needle in one, the half finished piece in the other. Busy, but her mind and eyes and attention on you .



WAT ONS ONTHOU

In matriek, by die Voortrekker spele het sy in die lang blou-oog seun se gesig gekyk, en geweet hy het haar hart geraak. Hul was nooi en kerel –hy Std 9 en sy matriek. Die matriekseuns het met afguns- en soms fenyn- na Dirk gekyk, maar skoorsoek was buite die kwessie. Hy was lank, lenig en so sterk soos 'n bees. Dit was 'n jaar vol van pieknieks, saam na skole uitstappies gaan en as Dirk by die koshuis uitglip 'n vinnige gesteelde soentjie deur die kamervenster van die losieshuis waar sy en haar vriendin 'n kamer gedeel het. Einde van haar matriekjaar, bring ook 'n einde aan hul verhouding, want sy wou onderwyseres word en die Teacher's  College is in die Kaap.
 Dit was groot opgewondenheid met klere maak en regmaak . Ouma Clarence sou definitief nie toelaat dat haar meisiekind moet terugstaan vir enige Kolonie dame nie. Oupa David het die hele ent met die Fordjie volgepak gery, van Rooivlak,Calvinia tot voor die Seminary in die Kaap, maar toe sy al die engelse ‘ladies’ sien en die imposante geboue, was die vreemde en die gedagte van alleen agterbly, te veel en sy het Oupa David net daar oorreed om om te draai. So kom hul terug, met alles nog net so vasgemaak.  Sy het later werk by die bank gekry,en die wek as kassier vir haarself interessant gemaak deur aan die  einde van elke dag met boeke opmaak , 3 kolomme syfers gelyktydig op te tel  om die dag se totale gou klaar te maak.  Haar natuurlike aanleg vir syfers en onderrig het sy later tot haar kinders en kleinkinders se wins gebruik.

No comments:

Post a Comment