MEMORIES


I remember : her hands-: the crochet needle in one, the half finished piece in the other. Busy, but her mind and eyes and attention on you .



Tuesday, 18 June 2013

Vinnige Pasta

EEN CASSEROLE PASTA   = min werk baie kos J
BESTANDELE
500g macaroni
5 rooiworsies( gerook is lekker geurig)
1 koppie sout beesvleis ( BullyBeef)
Kaas na smaak vir bo-op
Beslag:
4 eiers
2koppies melk
2EL meel
2tl mostert
Sout en peper na smaak
Opsioneel:
1 blikkie sweetcorn
1pakkie kaas/wtsous
Voor die tyd: Kook macaroni gewoonweg. Snipper worsies in ringe en maak soutvleis los. Maak blikkie sweetcorn oop en kitssous aan en hou eenkant. Voeg beslagbestandele in mengbak en roer deurmekaar. Hou in yskas

METODE:
Oond aanskakel op 180 grade. Haal alles uit yskas .Gooi vleis in mengbak, by beslag en klits mengsel net weer deur.
Laag1 - helfte van gaar macaroni in klein casserole.
Laag2-die mengsel met vleis.
Laag3-helfte van orige macaroni
Laag4-aangemaakte kitssous
Laag5-sweetcorn .
Laag6-Orige macaroni met kaas bo-oor gestrooi.
Bak is gepak en nou in oond tot bruin bo-op +-45 min